Kwelvrae

From Wikimania
This page is a translated version of the page FAQ and the translation is 90% complete.

Inligting van algemene aard

Wat is Wikimania?
Wikimania is die amptelike jaarkonferensie van die Wikimediastigting. Die onderwerpe ter bespreking is die Wikimediaprojekte soos Wikipedia, ander Wiki's, oopbronprogrammatuur, vrye verkeer van kennis en inhoud, maar ook die maatskaplike en tegniese sy daarvan.
Waaroor gaan Wikimania 2018?
Die Wikimania 2018 sal 'n ruime verskeidenheid aktiwiteite aanbied, soos lesings, onkonferensies, werkswinkels, 'n hackaton, kitskuiertjies, ontmoetings, partytjies en kletspraatjies tussen Wiki-geesdriftiges van dwarsoor die wêreld. Daar sal oorgenoeg verrigtinge wees om aan deel te neem!
Waar kan ek my inskryf?
Lees asseblief Registrasie.
If I don't want to be photographed, what should I do?
Please ask for a black lanyard at any time at the registration desk to indicate that you would not like to be photographed.
Is daar miskien afslag of beurse beskikbaar?
Lees asseblief Beurse.
Wat moet ek saambring?
  • Indien jy het: 'n skootrekenaar met laaier,
  • Kragaansluiters (die 15 A-driepuntkragprop soortgelyk aan die BS 546 M-tipe-passtukke is vir die meeste internasionale kragproppe maklik verkrygbaar in supermarkte en ysterwarewinkels. Dié soort vir die Australiese en Sjinese driepuntkragproppe is egter so skaars soos hoendertande). Sou jy nou wik en weeg wat jou te doen staan, gebruik dan eerder die Euro-tweepuntprop wat dwarsoor Suid-Afrika gebruik word, maar gewoonlik nou nie summier in die muurprop gedruk kan word nie. Die Suid-Afrikaanse stroomspanning is 230V 50Hz soos in die meeste wêrelddele. Die meeste laaiers sal hiermee vlot. Dit bly egter jou plig om jou toerusting na te gaan. Sou dit sonder ('n) laaier(s) stroom trek en vir 110V aangepas wees, hou dan eerder wyd van die 230V-kragtoevoer - dit kan gevaarlik wees.
  • Selfoonlaaier.
Wat dan nou van die waterskaarste?
  • Lees Waterskaarste om meer te wete te kom. Dit sal waarskynlik maar slegs 'n geringe uitwerking op die konferensielokaal en WMF-gereëlde verblyf hê. Sou jy elders blyplek soek, hoor asseblief by die verblyfplek self.
Is daar kinderoppassers?
Nee, maar ons sal jou probeer tegemoetkom met 'n paar aanbevole keuses.
Watter versnaperings is daar op die spyskaart?
Warm buffet tydens middagetes aan almal aanwesig. Sowel vegetariese, Halaal-, Kosjer-, internasionale as Suid-Afrikaanse geregte sal voorgesit word.