Uitwerking op die omgewing

From Wikimania
This page is a translated version of the page Environmental impact and the translation is 100% complete.

Hierdie bladsy tref voorsorgmaatreëls om die omgewingsimpak van Wikimania 2018 te verminder.

Wat ons te doen staan

Bespaar krag

  • Kies stapafstandverblyf vanaf die lokale.
  • Stel buspendeldienste beskikbaar.
  • Maan konferensiegangers om hul elektroniese toerusting af te skakel voordat hulle die hotelkamers verlaat.

Bespaar water

Vermors minder

  • los eerder plastiekeetgerei [of sit geregte/versnaperings voor wat geen eetgerei benodig nie; die wassery mors water]
  • gebruik herwonne papier vir drukwerk [probeer drukwerk waar moontlik vermy]
  • gebruik herwonne stof/materiaal vir naamplaatjies en -draagkoorde.
  • maak jou eie naamplaatjie tuis om later saam te bring, of bring jou oue.
  • plaas herwinningsblikke op strategiese punte by die konferensielokaal en hotel
  • Waterbottels is herbruikbaar - koop by aankoms of bring jou eie.

Koop kos/produkte in Kaapstad self

  • Konferensiesak/-T-hemp moet plaaslik vervaardig wees
  • Konferensiesak/-T-hemp kan eerder van omgewingsvriendelike materiaal wees wat minder water verbruik.
  • Sit hoofsaaklik vegetariese/vegaangeregte voor.

Reisreëlings

  • Probeer regstreekse vlugte na Kaapstad bespreek [en probeer die O.R. Tambo Lughawe-tussenlanding vermy]
  • Gebruik openbare vervoer (soos MyCitibus) vanaf die lughawe na die middestad [waar die konferensiegangers waarskynlik sal oorbly]. Die pendelbusdiens vertrek elke halfuur. Miskien kan 'n voorafbetaalde buskaartjie reeds aan die konferensiegangers by die lughawe uitgereik word. Die busdienste se arm sal dan gedraai moet word.
  • Sien toe dat die aanbevole reisburo's volhoubare toerismebeginsels uitleef.
  • Wat die vliegtuigpassasiers betref, kan die berekende vrygelate koolsuurgas in randwaarde vir plaaslike projekte omgesit word.

Fokus veral op Kapenaars en Suid-Afrikaners as teikengroep

  • Beperk sodoende buitelandse retoervlugte. Een retoervlug vanaf Londen na Kaapstad skep 3,1 metrieke ton koolsuurgas. Ons verwag om 100 retoervlugte en altesaam 310 metrieke ton koolsuurgas sodoende te verminder.
  • Kyk na ons Videoblad

Wie wil help?


Lees ook